top of page
Image by Timothy Eberly
RECA_AFR_edited.png

Gereformeerde Evangeliese Kerk

van Australië

WIE IS ONS

GEMEENTES

KONTAK ONS

Baie welkom by die webwerf van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië. Ons wil graag ‘n geestelike tuiste wees vir Suid-Afrikaners in Australië wat behoefte het aan ‘n gereformeerde en evangeliese bediening in Afrikaans. Oor die algemeen maak ons voorsiening vir lidmate van die susterskerke in Suid-Afrika en skakel baie van die NG Kerk, Gereformeerde Kerk, Hervormde Kerk en AP Kerk se lidmate by ons in hier in Australië. Daar is egter lidmate van ander kerke wat ook ‘n  ‘n tuiste by ons vind.


Die bediening in die meeste gemeentes is in Afrikaans omdat daar ‘n groot behoefte by Afrikaanssprekendes bestaan om God in hulle moedertaal te aanbid en te dien. Geestelike groei vind makliker plaas waar jy in jou moedertaal die Woord bestudeer en dit uitleef. So word pastorale versorging en berading ook meer effektief ervaar as jy jou diepste emosies in Afrikaans kan verwoord. Die kerk vervul ‘n groot rol as ondersteuningsbasis vir nuwe immigrante wat in Australië aankom met die gepaardgaande aanpassingsprobleme en selfs trauma wat beleef word. Waar dit nodig is, word daar voorsiening gemaak om mense te akkommodeer wat Engels beter verstaan.

bottom of page